• Hoe swart is jou hond?
    Feb 24 2023

    Is depressie meestal ‘n “chemiese wanbalans in die brein?” Hoekom werk medikasie oënskynlik vir sekere mense en vir sekere mense nie, of werk dit engsins? Louis en Heinz wonder saam of daar antwoorde vir die verstaan en behandeling van die swart hond is, en indien wel, wat hierdie antwoorde kan behels. Kom besoek gerus ons webtuiste by https://ingesprek.co.za/

    Mostra di più Mostra meno
    36 min
  • Wat sien sy in hom?
    Feb 25 2023

    Louis en Heinz gesels oor wat mense op mekaar laat verlief raak, en watter faktore ‘n rol daarin speel. Maar is hierdie faktore dieselfde faktore wat mense verlief hou, of wat verhoudings op ‘n langtermyn laat uitwerk? Wat sien die 35-jarige model in die bles ou man van 74? Die twee bespiegel ook oor hoeveel vrye wil mens eintlik het as dit kom by aantrekkingskrag. Kom besoek gerus ons webtuiste by https://ingesprek.co.za/

    Mostra di più Mostra meno
    50 min
  • Geen leier is beter as ‘n swak leier
    Feb 25 2023

    Louis en Heinz betreur die toestand van leierskap regoor die wêreld, en veral in Suid-Afrika. Waarom volg mense leiers na wat hulle net benadeel? Hoe verwant is leierskap aan boelie, en het mense enigsins leiers nodig? Die twee bespreek groepdinamika en wonder oor wat moontlik oplossings kan wees vir die negatiewe gevolge van swak leierskap. Kom besoek gerus ons webtuiste by https://ingesprek.co.za/

    Mostra di più Mostra meno
    38 min
  • Die Angsmonster
    Feb 27 2023

    In hierdie episode praat Louis en Heinz oor een van die grootste bedregings van gesondheid en geluk: Angs (Stres). Wat is die organiese en sielkundige oorsake van hierdie groeiende wêreldwye epidemie? Daar word bespreek hoe angstigheid op verskillende maniere die lewe sleg maak, asook oor wat die verreikende implikasies vir ons almal is. Kom besoek gerus ons webtuiste by https://ingesprek.co.za/

    Mostra di più Mostra meno
    40 min
  • Wie's jou oom?
    Mar 17 2023

    Hoe toepaslik is dit om iemand as Oom of Tannie aan te spreek? Hoe is aanspreekvorme verwant aan respek, en hoe verskil dit onder sub-kulture in Suid-Afrika? Louis en Heinz vra of respek nie iets is wat verdien moet word nie, en praat oor die platinum-reël van respek teenoor andere. Hulle gesels ook oor hoe hierdie onderwerp verwys na selfrespek. Besoek ons webtuiste by https://ingesprek.co.za

    Mostra di più Mostra meno
    30 min
  • Heinz kuier by Uri Geller
    Jul 21 2023

    Louis en Heinz bespreek die fenomeen van buitengewone en unieke mense, en gesels oor Uri Geller en die wêreldwye aanhang wat Geller nog steeds geniet. Heinz deel besonderhede van sy besoek aan Uri Geller in Tel Aviv, asook details oor die rare en besondere artifakte in Geller se museum. Kom besoek gerus ons webtuiste by https://ingesprek.co.za/

    Mostra di più Mostra meno
    21 min
  • Weg van jou geboorteland by die Breytenbach Sentrum
    Oct 3 2023
    Louis en Heinz besoek die Breytenbach Sentrum in Wellington, waar Breyten se teenwoordigheid en invloed heers. Hulle bespreek emigrasie en ontwortelings as 'n tema, en praat oor die impak daarvan om jou geografiese wortels te verloor. Kom besoek gerus ons webtuiste by https://ingesprek.co.za/
    Mostra di più Mostra meno
    18 min