Episodi

  • 17 Mei 2026 || Die Gees Gee || Heinrich Dry
    May 17 2026

    Ons begin vandag ’n reeks oor die Gees, ons hoop jy kom saam met ons op reis om God se Gees opnuut te ontdek en iets van die misterie te verstaan.

    Mostra di più Mostra meno
    23 min
  • 10 Mei 2026 || Herken Die Opstanding Kom Tuis || Pieter Roeloffse
    May 10 2026

    Voel jy soms ontuis in jou vel, ons land, die tydsgees? Drome jy soms hemelse ontvlugtingsdrome?

    Wat as die hemelvaart ons dalk juis uitnooi en aanmoedig om tuis te kom in ’n lewe saam met die Tuisteskepper-God?

    - Pieter

    Mostra di più Mostra meno
    32 min
  • 03 Mei 2026 || Herken Die Opstanding In Die Alledaagse || Deon Botha
    May 3 2026

    “Wat as ‘n opstandingslewe baie meer toeganklik of beskikbaar is, as wat ons dink?

    Jy hoef nie een of ander spesiale wonderwerk te beleef of geestelike hoogtepunt te bereik om te ervaar hoe die opstanding ook in jou gebeur nie. Jy sal hopelik vandag ervaar en sien dat die opstanding in ons alledaagse lewens herkenbaar is.” - Deon

    Mostra di più Mostra meno
    31 min
  • 26 April 2026 || Herken Die Opstanding In Wonde || Pieter Roeloffse
    Apr 26 2026

    ’n Vrede wat wonde vermy, verdoof of ignoreer, is nie vrede nie - dit is net vertraagde verweer. ’n Opstandingsgeloof weier, al is dit vrek moeilik, seer, ongemaklik en selfs twyfelagtig, om met hierdie fatalistiese houding óf met vermyding te leef. Die opstanding bekeer ons idee oor wonde-as-littekens na wonde-as-wondertekens. Jesus nooi ons, soos vir Tomas “Kom in voeling met my wonde en wees nie langer ongelowig nie, maar gelowig.”

    Mostra di più Mostra meno
    32 min
  • 19 April 2026 || Herken Die Opstanding Persoonlik Deur Sy Woorde || Heinrich Dry
    Apr 19 2026

    "En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?​"Lukas 24:30

    Mostra di più Mostra meno
    25 min
  • 12 April 2026 || Herken Die Opstanding Persoonlik || Pieter Roeloffse
    Apr 12 2026

    In ’n gesprek met Eugene Peterson oor die opstanding vra hulle vir hom wat oortuig hom van die opstanding. Sy antwoord, twee dinge: “Simply Jesus…” en “I’ve seen it too many times, not to believe it.”

    Dadelik maak dit die opstanding soveel wyer, groter, dieper — soveel meer tasbaar en minder abstrak as wat ek nog altyd gedink het.

    Dit laat jou wonder “Waar het ek onlangs die opstanding, die nuwe God-bedoelde lewe, in lewende lywe gesien of ervaar?” Kom gee die eerste tree saam met ons in die nuwe reeks “Herken die opstanding”.

    Mostra di più Mostra meno
    32 min
  • 05 April 2026 || Opstandingsondag || André Serfontein
    Apr 5 2026

    Jaarliks word ons herinner aan Kersfees, maar Paasfees is dié simbool wat die Christelike tradisie kenmerk. Ons gaan die nagmaal saam gebruik, 'n besondere simbool vir hierdie dag. Kry gerus vir jou ook hierdie tekens gereed vir vandag se diens saam met ons, waar jy ookal is.

    Mostra di più Mostra meno
    34 min
  • 03 April 2026 || Goeie Vrydag || André Serfontein
    Apr 3 2026

    Jaarliks word ons herinner aan Kersfees, maar Paasfees is dié simbool wat die Christelike tradisie kenmerk. Ons gaan die nagmaal saam gebruik, 'n besondere simbool vir hierdie dag. Kry gerus vir jou ook hierdie tekens gereed vir vandag se diens saam met ons, waar jy ookal is.

    Mostra di più Mostra meno
    31 min