Kruger Internasionaal bied aan GeldGeheime copertina

Kruger Internasionaal bied aan GeldGeheime

Kruger Internasionaal bied aan GeldGeheime

Di: Mia Kriegler
Ascolta gratuitamente

Offerte di stagione | 0,99 €/mese per i primi 3 mesi

A seguire 9,99 €/mese – si applicano condizioni. Puoi disdire mensilmente.

GeldGeheime is die podsending wat die wêreld van geldsake eenvoudig en verstaanbaar maak. Sluit by Mia Kriegler, Direkteur van Batebestuur by Kruger Internasionaal, aan terwyl sy praktiese insigte, beleggingskennis en finansiële wysheid deel om jou te help om beter geldbesluite te neem en jou finansiële doelwitte met vertroue te bereik.

Copyright 2026 All rights reserved.
Economia Finanza personale Successo personale Sviluppo personale
  • Belastingvriendelike Beleggings (Deel 2) – Geheime van Belastingvrye Spaarrekenings (wat banke nie vir jou vertel nie)
    Oct 20 2026

    Hierdie is die tweede episodes oor belastingvriendelike beleggingstrukture en vandag gesels ek spesifiek oor belastingvrye spaarrekenings.

    In episode 9 kan jy gaan luister en leer oor al die voordele van aftreefondse en hoe dit jou help om minder belasting te betaal terwyl dit jou opbrengs help om eksponensieel te groei oor die langtermyn. Binne in hierdie belastingvriendelike beleggingstruktuur kan ‘n mens steeds kies in watter bateklasse en fondse jy wil belê.

    Belastingvrye Spaarrekenings is in 2015 ingestel. In Suid-Afrika is die huishoudelike of persoonlike besparingskoers negatief. Dit beteken dus dat die meerderheid Suid-Afrikaners glad nie spaar nie, en inteendeel skuld maak omdat hulle meer geld uitgee as wat hulle verdien. Die regering het belastingvrye spaarrekenings ingestel om mense aan te moedig om te spaar. En hoe beter dan as om vir jou belastingverligting te gee.

    In vandag se episode gaan ek jou vertel presies hoe belastingvrye spaarrekenings werk sodat jy kan leer hoe jy hierdie belastingvriendelike beleggingstruktuur in jou finansiële plan kan gebruik om jou totale beleggingsportefeulje so doeltreffend as moontlik te maak.

    Mostra di più Mostra meno
    13 min
  • Belastingvriendelike beleggings – betaal minder belasting en verdien meer opbrengs met aftreefondse
    Oct 6 2026

    Aftreefondse as belastingvriendelike beleggingstrukture bied jou die geleentheid om minder belasting te betaal én verseker dat die opbrengs op jou beleggings binne-in hierdie strukture belastingvry kan groei.

    Die regering wil mense aanmoedig om te spaar en om eendag na hulself te kan omsien wanneer hulle aftree en nie meer kan werk nie. Die staat sê dus dat hy bereid is om minder belasting van jou af te neem om jou te help om meer van jou inkomste te kan spaar, sodat jy nie later in jou lewe van die staat afhanklik sal wees vir oorlewing nie. Jong mense wat nog ver van aftrede af staan is soms ongeïnteresseerd om oor aftreefondse te praat. Maar as jy van vroeg af die voordele van aftreefondse in jou beleggingsportefeulje benut, gaan jou geld langer kans kry om eksponensieel te groei en gaan jy heelwat minder belasting deur die jare betaal.

    So luister aandagtig, al is jy jonk, sodat jy hierdie uitstekende boublok in jou finansiële plan kan benut.

    Mostra di più Mostra meno
    15 min
  • Hoe 6 slim sêgoed van Warren Buffett jou ryker kan maak
    Sep 22 2026

    Warren Buffett se sêgoed is nie net skerp aanhalings nie. Hy leer ons hoe om praktiese en tydlose beginsels toe te pas. Sy raad kan jou help om beter besluite te neem, jou emosies te beheer en jou welvaart oor tyd te groei.

    Buffett het nie ryk geword deur die nuutste tendense of giere na te jaag of deur geheime inligting te hê nie. Nee, hy het sy welvaart gebou deur eenvoudige, tydlose beginsels konsekwent toe te pas en geduldig te bly wanneer ander paniekerig raak. Hy is ‘n langtermyn belegger wat weet dat tyd in die mark baie meer waardevol is as om die mark te probeer “time”.

    En dít is alles dinge wat jy en ek ook kan doen. Kom luister na 6 van Buffett se bekendste sêgoed en hoe dit jou kan help om beter finansiële besluite te neem en uiteindelik ryker te word.

    Mostra di più Mostra meno
    14 min
adbl_web_anon_alc_button_suppression_t1
Ancora nessuna recensione