15 Februarie 2026 || Kontoerlyne | Anders || Pieter Roeloffse
Impossibile aggiungere al carrello
Rimozione dalla Lista desideri non riuscita.
Non è stato possibile aggiungere il titolo alla Libreria
Non è stato possibile seguire il Podcast
Esecuzione del comando Non seguire più non riuscita
-
Letto da:
-
Di:
A proposito di questo titolo
Soms voel dit met goeie rede of daar ’n grootskaalse erosie op die landskap van die lewe gebeur. Asof daar ’n meesleurende stroom, onkeerbaar deur ons uitsigte vloei. Ons is nie uniek nie, dis ’n eeu-oue patroon.
In elke selfvernietigende era was daar individue en groepe wat keerwal kontoere geleef het en die storme help opdam het tot plantasies. Hulle was anders, “heilig” is die Bybelse woord. In Eks 33 pleit Moses dat die Here saam met hulle deur die woestyn moet gaan en hulle nie moet los nie.
Hy sê in :16 “Dit is juis deurdat U met ons saamgaan dat ons, ek en u volk, anders is as al die ander volke op die aarde.”
Kom onthou Sondag langs die kontoerlyn van die Nagmaaltafel dat God en Sy lewegewende weg anders is en kom laat toe dat die Gees jou tot hierdie anders-wees beweeg.